Who is Nelson Mandela in my life?

Nelson Mandela Mandala art by South African artist Lize Beekman

I believe that life is about being the best you can be – not with what you have, but with who you are.

Nelson Mandela Mandala art by South African artist Lize Beekman
‘Madiba… full circle” Mandala 100

Who is Nelson Mandela in my life?

To me, Nelson Mandela is the most beautiful example of someone who did exactly that. About 3 years ago I was asked to write a song about him, but how do you capture so much greatness in a lyric? I remember reading so many books about him and piling up information and facts about this remarkable man, but when it came down to writing the song I just couldn’t get myself to make it a technical exercise of almost incorporating facts and figures.  I decided to simply write from the heart.  The lyric is in my first language (Afrikaans), and you can read it a bit further down, but it basically comes down to the following:

All my life I’ve seen him from a distance – the tall man with the soft eyes and the big heart. I smile when I see him – just like the first time – because this world is a better place when Madiba smiles.  I can hear his voice as if he’s standing next to me…I know it so well and it calms me.  His words and actions are an example of the true meaning of love. When he moves on to freedom anew and at last, all angels and the African sun will carry him and then may Nelson Mandela dance, dance, dance!

MADIBA, DANS

(Music & Lyrics: Lize Beekman / in MS SAMRO / © L. Beekman 2010)

Ek sien hom weer van ver af soos heel my lewe lank

Die lang man met die sagte oë en die groot, groot hart

Ek glimlag van vooraf – net soos die eerste maal,

Want die wêreld is ‘n beter plek as Madiba smile

Ek hoor hom asof langs my – daai stem wat ‘n hart laat rus

Hy’t in woord en daad vir die wêreld gewys wat liefde rêrig is

En as hy aanstap vir oulaas, na vryheid opnuut oplaas

Sal die engele saam met die Afrika-son hom oor die drumpel dra

En mag hy dans, Madiba, dans!

Mag hy dans, Madiba, dans!

•••

‘Madiba, dans’ YouTube video

‘Madiba, dans’ is een van die liedjies op Lize se nuuste CD ‘Ek het jou lief’

 

 

3 thoughts on “Who is Nelson Mandela in my life?

  1. Marieke van Staden says:

    Lize, al het my geloof ‘n skokhou weg, glo ek steeds daarin om “dankie” te sê. En vandag se “dankie” behoort aan jou.

    Jy’t gisteraand gesê as jou “Genade-optrede” net tot een mens sou spreek, sou dit die moeite werd wees. En ek wil vir jou sê – dis ek. Dis ék wat jou sensitiewe, dog besliste, Genade-Boodskap moes hoor.

    Vandat ek jou hoor sing het saam met Laurika Rauch in die universiteit-saal in Port Elizabeth, het jou stem my musiek-hart verower en is jy bevorder tot my gunsteling Afrikaanse sangeres, so ja, ek het al jou cd’s en ek kan die meeste van jou liedjies se woorde.

    Maar gisteraand het jou Musiek my siel verower. Dit het in ‘n ander taal met my gepraat en die damwalle van my oë het gebreek en stilweg oorstroom. Dit was nodig vir my om van Genade te hoor – want bo alles, is Genade dit wat ek die nodigste het – nodig vir my om my kop op te lig en om daardie moeilikste treë vorentoe te neem en om daardie rusplek vir my oormoeg kop te vind.

    Al weet ek dit, het ek nodig gehad om te Hoor van Hoop te midde van die middernag se donkerte en die eensaamheid se stilte. Ek het nodig gehad om te hoor van Salf vir die Seer. Ek het nodig gehad om te hoor van Opkyk na Bo, terwyl al wat ek wil doen is wegkruip onder my bed. Ek het nodig gehad om te hoor van Dankbaar wees vir wat was… en wat is… en wat kom… al is dit moeilik om dankie te sê midde-in die Skadu-Tyd. Ek het nodig gehad om te hoor dat daar Sonskyn is – en ek sien dit elke dag in die glinster van die twee passies-van-my-hart se ogies en die gul-glimlagte op hulle gesiggies – en daarvoor is ek oneindig dankbaar.

    Ek wil vir jou sê dat jy ‘n Inspirasie is. Ek wil vir jou sê ek hoop dat daar weer Woorde in jou pen sal wees. Mag die Ink in jou verfkwas nooit opraak nie. Mag jou Stem salwend bly. Mag jou Boodskap spreek tot elke mens wat jy ontmoet.

    Ek wil vir jou sê: DANKIE

    Ek besef nou dat Genade daar is – ook vir my…

    Groete,
    Marieke (13 Februarie 2014)

Comments are closed.