As ek jou verlang

Die liedjie wat ek aangehaal het met die opening van my uitstalling…

 

Ek verkies die nag se donker, 

As ek jou verlang

Want die spasie vir verdwaal is dan bloot net dit:

‘n enkele kers se lig

 

Ten minste in hierdie binnekring kan ek sien

En selfs probeer sinmaak van die leemte binne-in

 

So ek verkies die nag se donker,

As ek jou verlang

 

En sou hierdie nag my woordeloos verbygaan

Sou die wit papier als verraai en jou genadeloos weglaat

Sal ek gaan soek en elke bladsy gaan haal

Waar jy in die middel van die prentjie staan..

En jou dan neersit in die lig binne die donker

As ek jou verlang..

 

Ek wens jy was hier binne die donker

Waar ek jou verlang..

 

Musiek en Liriek:  Lize Beekman (in MS SAMRO © Lize Beekman 2004)

‘As ek jou verlang’  is op Lize se CD ‘Draadkar oor die See’