Category Archives: Afrikaans

5 Idees vir inkleur mandalas

Colouring book for adults by South African artist Lize Beekman.

MEDIUM VOORSTELLE vir INKLEUR Ek deel graag met julle die potlode, penne en ink wat ek gebruik vir my mandalas (sien foto-lys), maar dit is verseker NIE die enigste opsies nie. Die potlode en penne wat ek gebruik is baie duursaam omrede my oorspronklike werke tekoop aangebied word. Hierdie spesifieke make kan moontlik vir jou […]

DIY Mandala tips

Fragile Strength. Lize Beekman Mandala art. South Africa.

Almal sien nie altyd kans om raad te vra nie… …miskien is dié brief ook vir jou. Liewe Lindie,   Ek is jammer oor als wat jy deur is en al die seer en moeilik wat daarmee saamgaan. Ek wens ek kon dit sommer-net vir jou uitvee of tyd vir jou terugdraai, maar ons weet […]

As ek jou verlang

Die liedjie wat ek aangehaal het met die opening van my uitstalling…   Ek verkies die nag se donker,  As ek jou verlang Want die spasie vir verdwaal is dan bloot net dit: ‘n enkele kers se lig   Ten minste in hierdie binnekring kan ek sien En selfs probeer sinmaak van die leemte binne-in […]

Coenie de Villiers open Lize se uitstalling…

Coenie de Villiers open Lize Beekman uitstalling

(‘The Detail of Moments’ Lize Beekman uitstalling by De Malle Meul is geopen deur Coenie de Villiers op 13 April 2014.) Suid-Afrikaners ken Lize Beekman as een van die mees geliefde musikante en komponiste in Afrikaans.  Haar liedere is volksbesit; haar optredes oor baie jare het haar gevestig as iemand wat kwaliteit aan gehore, musiekliefhebbers […]

Lize se kringloop

Philadelphia

(Geskryf deur Carine le Roux van De Malle Meul in Philadelphia waar Lize se uitstalling in April 2014 gaan wees.) Ek het ’n vriendin. Haar naam is toevallig Lize en sy kan klavier speel. Sy bly naby die see en as sy op haar tone staan en haar kop links draai – kan sy die […]

‘n Engel trap nie spore nie

Lize Beekman BLOG Mandala art

Geskryf: Julie 2012 Liewe Leser, Iewers het iemand eendag vir my gesê as diere siek is, gaan lê hulle in die son, want die son is helend. Dalk steek daar waarheid in – ek weet nie. Ek weet wel dat ek in die afgelope paar maande vir oomblikke ‘n mate van kalmte gekry het in […]

Genade

Blog Lize Beekman Grace

1 APRIL 2012 Liewe Leser, My dag het begin met ‘n wolkbreuk. Die hemel het sy arms wyd oopgestrek, al wat waterdraende wolk is op een plek vergader en toe laat los. ‘n Stuk droë Karoo-aarde het bykans hoorbaar gekreun van lekkerkry. Ek kon sweer ek hoor “Halleluja!” midde die berusting van die “Amen” aan […]